.::Gebakte Varkboud::.
 

Tuisblad
Die Malu Storie
Resepte
Research Report on Pork
Varkvleisboekie 2009
Kontak Ons
 



Gebakte Varkboud
(2 kg varkboud behoort genoeg te wees vir 7-8 persone.
Vra jou slagter om die vel in te sny ("score") om lekker "crackling" te maak)


1 varkboud 2.0 2.5 kg
Sout en peper na smaak
Olyfolie
Appelmoes vir bediening

Voorverhit die oond tot 180C. As dit nie reeds gedoen is nie, maak op 2cm afstand insnydings deur die vel en boonste laag spek met 'n skerp mes
Vryf in met sout, peper en olyfolie. Plaas op oondrak in 'n oondroosterpan.
Bak die boud soos volg: 30 min vir elke 500gr vleis en voeg nog 15-20 min baktyd by aan die einde van die gaarmaaktyd. Die vel behoort bros en goudbruin te wees.
Plaas dik aartappelskywe in die braaipan onder die vleis, wat dan sal gaar bak in die vleissappe.
Wanneer die vleis gaar is, laat staan vir 8-10 minute voor dit opgesny en bedien word. Sit voor met appelmoes, aartappelskywe, groente en sous.